Afrika-kampioen met helikopter by skool afgelaai
Anje Holtzhausen, ‘n graad 11-leerder wat ‘n goue medalje in hamergooi (o.18) by die Afrika-kampioenskappe verower het, het Maandag (15 Mei 2023) met ‘n helikopter by haar skool, Vereeniging Gimnasium, geland. Die rooi tapyt is ook vir haar uitgerol.

VEREENIGING. – Gimmies se ster-hamergooier, Anje Holtzhausen, het ‘n goue medalje by die Konfederasie van Afrika-atletiek (CAA) se Junior Afrika-kampioenskappe vir o.18 en o.20 atlete in Ndola in Zambië behaal met ‘n uitstekende gooi van 57.17 meter.
Lees meer op vaalweekblad.com