Missie & Visie

Missie

  1. Om ‘n hoë kwaliteit van gebalanseerde en holistiese opvoeding te voorsien d.m.v. Afrikaanse moedertaalonderwys.
  2. Om waardes en norme te handhaaf wat gebaseer is op Christelike beginsels.
  3. Om uitgebreide vakkeuses daar te stel wat al die akademiese-, tegnologiese- en landbouvakke insluit.
  4. Om ons leerders te lei om verantwoordelike burgers en leiers van die toekomstige samelewing te word.
  5. Om ‘n trotse en samehorige skoolgemeenskap van gemotiveerde opvoeders, gelukkige leerders en ondersteunende ouers te vestig.
  6. Om ‘n wenkultuur te vestig deur op bewese tradisies te bou.

Visie

Om vanuit ‘n Christelike- en Afrikaans kultuurgerigte perspektief die leerder deur uitnemende onderwys na volwassenheid te lei en om aan elkeen die beste blootstelling en geleenthede te bied.