Sport
Nuwe Sport by Gimmies
POOL 4 CHANGE
‘n Skool Ontwikkelings Organisasie, beywer hulself om onder leiding van die onderskeie Onderwys Distrikte en die Direktoraat SPORT, KUNS en KULTUUR, “pool” as sport in skole te ontwikkel en te vestig.
Vereeniging Gimnasium is gekies as een van slegs twee skole in die Vaaldriehoek om “pool” as sport te begin en ons eerste tafel is afgelewer en geïnstalleer. Leerders gaan deelneem aan ‘n liga en kan Provinsiale- en selfs Nasionale kleure verwerf.
Uitdunne en proefwedstryde begin op 8 Maart 2021 met leerders wat reeds “pool” kan speel. Ons beplan om stelselmatig die span te vergroot met beginners. Hierdie leerders sal professionele afrigting ontvang en hulle afrigting sluit onder andere die vaslegging van reëls, waardes en spelvaardighede in.
Vereeniging Gimnasium is dankbaar vir POOL 4 CHANGE, wat ons skool gekies het omdat ons meer geleenthede vir ons kinders bied en geleenthede vir die ontwikkeling van ons kinders aangryp.
Leerders wat belangstel om “pool” as sport te beoefen, moet meer inligting by die hoof, mnr N. van Dyk, kry.