Graad 8 Beroepsgerigte Vakke
Graad 8 en 9 Beroepsgerigte Vakke
Geagte ouer en Gr 7-Leerder
Veels geluk met die bereiking van die einde van jou Laerskoolloopbaan. Gimmies is trots op jou om in moeilike en uitdagende omstandighede van 2020 jou deursettingsvermoë en verantwoordelikheid te toon deur jou Graad 7-jaar te voltooi het.
BEROEPSGERIGTE VAKKE VIR GRAAD 8 EN 9-LEERDERS
Vereeniging Gimnasium is die ENIGSTE skool in die Vaaldriehoek wat toestemming verkry het om vanaf 2021 beroepsgerigte vakke aan te bied vir Graad 8-leerders. Julle het seker in die media gesien/gehoor dat die Departement van Basiese Onderwys ‘n Drie-Stroom Onderwysmodel gaan instel om ons kinders beroepsgerigte vaardighede te leer vir ‘n veranderde wêreld.
Graad 8-leerders kan sekere beroepsgerigte vakke neem om hulle voor te berei vir die Gr 10-12 fase in ‘n meer geroepsgerigte rigting. NET by Gimmies kan jy nou die volgende VAKKEUSES uitoefen:
LOS ENIGE 2 VAN HIERDIE VAKKE
1. SKEPPENDE KUNS
2. TEGNOLOGIE
KIES ENIGE 2 VAN HIERDIE BEROEPSGERIGTE VAKKE
1. GASVRYHEIDSTUDIES
2. LANDBOU / ELEKTRIES / MOTORS
BELANGRIK OM TE ONTHOU:
1. Jy hoef nie 2 vakke te verander nie. Die maksimum is egter slegs 2 vakke wat verander mag word. Jy mag dus ook net 1 vak verander.
2. Jy gaan verkieslik in hierdie beroepsrigting verder gaan in Graad 10-12
3. Jy hoef geen vakke te verander as jy nie in n beroepsgerigte rigting wil spesialiseer nie.
Weereens is Gimnasium op die voorpunt van verandering en aanpassing by ‘n veranderende wêreld. Gimnasium het nog altyd net die beste geleenthede vir ons kinders gebied.
Indien u enige verder navrae het, kan u ook net n boodskap stuur na die e-pos adres genoem onder op die webblad. Ons sal u onmiddelik antwoord.
Gimmies wens jou alle voorspoed toe!
Gimmie Groete
C.J Van Dyk
Skool Hoof