Venique O’Grady
Venique O’Grady het aan die SA JKA Gauteng Kampioenskappe deelgeneem. Sy het gekompeteer in die “Girls Age 15: Youth Elite Brown / Black Belt – KATA” sowel as die “Girls Age 15: Youth Elite Brown / Black Belt – KUMITE” afdeling.
Venique is geplaas in die 1ste plek vir KUMITE sowel as 5de in KATA en het haar Gauteng Provinsiale Kleure verwerf. Sy sal Gauteng Provinsie verteenwoordig met KATA en KUMITE by die SA JKA Nasionale Kampioenskappe op die 29ste Julie in Johannesburg.
Gimmies is baie trots op jou!

