Pot & Pons

Geagte Gimmie-vriend.

Na aanleiding van Covid 19 het verskeie besighede ons genader om ‘n afsluitingsfunksie vir Besighede aan te bied in die vorm van ‘n feestelike Pot- en –Pons en dans.
Die motivering agter hierdie fees is dat dit besighede baie geld kos om so ‘n funksie, in bv. ‘n restaurant te hou. Volgens die President se verklaring op 16 September 2020, neem Vlak 1 ‘n aanvang om 24:00 op Sondag, 20 September 2020, dws vanaf 21 September 2020. Watter ander aspekte moet lede/skole van kennis neem na aanleiding van die President se verklaring?
• Sosiale-, godsdienstige-, politieke- en ander samekomste sal toegelaat word op voorwaarde
dat die 50% van die fasiliteit se kapasiteit nie oorskry word nie tot ‘n maksimum van 250 persone binnenshuis en 500 persone buitenshuis.

Tydens so ‘n kuiergeleentheid kan elke maatskappy ‘n funksie op ‘n informele wyse hou, met ‘n lekker kuier,dans en gaskunstenaar.
Die fees sal in die vorm van ‘n “Pot en Pons”aangebied word, waar elke besigheid as gasheer optree vir sy kliënte en/of personeel. Daar sal verder ook ‘n kompetisie wees vir dié beste/lekkerste pot en ‘n 1ste, 2de en 3de plek sal aangewys word, met groot pryse te wen. Daar sal ook pryse wees vir die oorspronklikste onthaalruimte. Dit bly u keuse om deel te neem aan die pot kompetisie, ander geregte bv. braai word ook toegelaat en kan u, u personeel/kliënte/vriende onthaal soos u wil.

Hierdie fees sal ook ‘n goeie geleentheid wees vir informele netwerking of bemarking tussen besigheidsvriende. Indien u die verhoog wil borg kontak vir Hannes Grobbelaar.

Ons gaan die volgende verskaf:
1. Pryse vir Pot 1 tot 3. Pryse vir onthaalruimte 1-3.
2. Krag vir beligting in onthaalarea.
3. Toiletgeriewe.
4. “ Bonfire”.
5. Sekuriteit vanaf Saterdagoggend tot Sondagoggend.
6. Gaskunstenaar en musiek.
7. Pap sal voorsien word.
8. Een braaier per staanplek en asblik.
9. Speelpark/Boeresport vir kinders .
10. Uitsending rugbywedstryde in “Ons Erfenis”.
11. Dansvloer.
Elke maatskappy kry sy staanplek (15x15m) met ‘n ruimte agter sy staanplek vir voorraad. Opmaak van gazebo’s, tente, eetgerei, hout en drankies is die gasheer se verantwoordelikheid.
Kostes per staanplek beloop R2000.00 per onthaalruimte (15 kaartjies asook een pot-inskrywing ingesluit). Adisionele pot-inskrywing R250 per pot. Bespreking word bevestig met betaling.

Individuele besoekers.
Daar kan vooraf kaartjies teen R100 per persoon in die finansiele kantoor verkry word.
Besoekers sal ‘n afgebakende area kry waar u u kan tuismaak en die fees geniet. Individuele pot-inskrywing R250 per pot. Dit geskied op die dag. Braaigeriewe sal beskikbaar wees.

Bankbesonderhede:
Vereeniging Gimnasium
ABSA
Rekening nr: 4079903362
Takkode: 632005
Verw nr: 2Pot1 en Maatskappy/ persoon se naam

Ons vertrou dat u hierdie feestelike kuier saam met ons sal geniet.

Gimmie groete.

Inligting

Indien u enige ander navrae het kan u gerus die volgende persone skakel:
– Komiteevoorsitter Bob Bobbert. 082 829 0579
– Reëlings Angie Grobbelaar 072 3072756
– Logistiek Hannes Grobbelaar 071 6747222
– BL Voorsitter Theresa Joubert 078 8018422
– BL Ondervoorsitter Marius van Straten 083 4563385
– Hoof Nelis van Dyk 082 5531146
– Opslaan sal plaasvind Saterdagoggend, 28 November 2020 vanaf 8:00 (B- veld).
– Beoordeling van potte en staanplekke sal tussen 18:00 en 19:00 plaasvind.
– Indien u enige ander voorstelle het kontak gerus die skool.
– Karavane word ook toegelaat.