WELKOM BY
VEREENIGING GIMNASIUM

VEREENIGING GIMNASIUM, TOEKOMSGERIG VIR JOU!
Hoë standaarde, toegewyde onderwysers, goeie TROTS, DISSIPLINE, TRADISIE, CHRISTELIKE KARAKTER en die STREWE NA UITNEMENDHEID is die skool se hoekstene. Ons rus kinders nie net toe met puik vakkennis nie, maar leer hul van vasbyt, fokus, saamstaan en deelname sodat hul geduldig en gebalanseerd kan wees.
Gemeenskap en ouerbetrokkenheid dra by tot ‘n intieme atmosfeer en daarom is Vereeniging Gimnasium een groot familie. Vereeniging Gimnasium ….. wat anders?
Vereeniging Gimnasium berei leerders voor vir noodsaaklike beroepsrigtings en geleenthede in ons land.
Graad 8 Beroepsgerigte Vakke
Vereeniging Gimnasium is die ENIGSTE skool in die Vaaldriehoek wat toestemming verkry het om vanaf 2023 beroepsgerigte vakke aan te bied vir Graad 8-leerders. Julle het seker in die media gesien/gehoor dat die Departement van Basiese Onderwys ‘n Drie-Stroom Onderwysmodel gaan instel om ons kinders beroepsgerigte vaardighede te leer vir ‘n veranderde wêreld.
Graad 8-leerders in 2023 kan sekere beroepsgerigte vakke neem om hulle voor te berei vir die Gr 10-12 fase in ‘n meer geroepsgerigte rigting.
‘n Tuiste vir leerders en ouers wat wyd dink en groot droom oor die toekoms.
UIT DIE HOOF SE PEN

Vereeniging Gimnasium is ‘n multi-kulturele Afrikaans- medium skool wat ontstaan het uit die samesmelting van Hoërskool Vereeniging en HTS Vereeniging in 2013.
In 2017 het die eerste volwaardige Gimmies hul matriekjaar op die landelike terrein van die ou Hoërskool Vereeniging voltooi.
Ons is ‘n skool wat fokus op Christelike waardes en ons leerders is ons belangrikste bate, aangesien hulle die leiers van môre moet wees. Dit is vir ons belangrik dat ons kinders presteer op alle terreine en daarom bied ons soveel moontlike geleenthede vir ons kinders op elke terrein aan.
Met die leuse “Strewe na Sukses” is dit ‘n hoë prioriteit om ons kinders te leer dat sukses slegs bereik word deur harde werk en toewyding. Daarom word daar ook baie klem gelê op die vyf hoekstene van die skool: Trots, Dissipline, Tradisie, Christelike karakter en Strewe na Uitnemendheid.
As hoof by Gimmies glo ek aan Betrokkenheid en Lojaliteit. ‘n Ouer en kind wat “betrokke” is by die skool sal ook “lojaal” wees aan die skool en die personeel. Prediker 4: “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets… ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.”
Dankie vir u belangstelling in ons mooi skool!
C.J. van Dyk
Hoof
GIMMIENUUS

Die graad 12’s se Landboutegnologie PAT projekte.
Die graad 12’s se Landboutegnologie PAT projekte. https://www.facebook.com/VereenigingGim/posts/2798791073722029