WELKOM BY

VEREENIGING GIMNASIUM

VEREENIGING GIMNASIUM, TOEKOMSGERIG VIR JOU!

As Afrikaanse skool in Vereeniging is Vereeniging Gimnasium ‘n tuiste vir leerders en ouers wat wyd dink en groot droom oor die toekoms.

Hoë standaarde, toegewyde onderwysers, goeie TROTS, DISSIPLINE, TRADISIE, CHRISTELIKE KARAKTER en die STREWE NA UITNEMENDHEID is die skool se hoekstene. Ons rus kinders nie net toe met puik vakkennis nie, maar leer hul van vasbyt, fokus, saamstaan en deelname sodat hul geduldig en gebalanseerd kan wees.

Gemeenskap en ouerbetrokkenheid dra by tot ‘n intieme atmosfeer en daarom is Vereeniging Gimnasium een groot familie. Vereeniging Gimnasium ….. wat anders?

Vereeniging Gimnasium berei leerders voor vir noodsaaklike beroepsrigtings en geleenthede in ons land.

Graad 8 Beroepsgerigte Vakke

Vereeniging Gimnasium is die ENIGSTE skool in die Vaaldriehoek wat toestemming verkry het om vanaf 2023 beroepsgerigte vakke aan te bied vir Graad 8-leerders. Julle het seker in die media gesien/gehoor dat die Departement van Basiese Onderwys ‘n Drie-Stroom Onderwysmodel gaan instel om ons kinders beroepsgerigte vaardighede te leer vir ‘n veranderde wêreld.

Graad 8-leerders in 2023 kan sekere beroepsgerigte vakke neem om hulle voor te berei vir die Gr 10-12 fase in ‘n meer geroepsgerigte rigting.

‘n Tuiste vir leerders en ouers wat wyd dink en groot droom oor die toekoms.

UIT DIE HOOF SE PEN

Vereeniging Gimnasium het in 2013 tot stand gekom met die samesmelting van Hoërskool Vereeniging en HTS Vereeniging.

In 2024 we started as a parallel-medium school with an English and Afrikaans stream of learners in Grade 8. In 2026 we are fully parallel-medium from grades 8 – 10. Our learner numbers will stabilize on 920 in 2028 when we have an English and Afrikaans stream from grades 8 – 12 and we will then be at full capacity.

Ons is ’n multi-kulturele skool wat fokus op Christelike waardes en ons leerders, personeel en ouers is ons belangrikste bates. Our learners are the leaders of the future and it is important that they excel in every aspect and make the most of all the opportunities we offer at Gimmies.

Met die leuse “Strewe na Sukses”, is dit vir ons baie belangrik om ons kinders te leer dat sukses slegs bereik word deur harde werk en toewyding. Therefore, we place emphasis on our school’s five cornerstones: Pride, Discipline, Tradition, Christian Character and Striving for Excellence.

  • Pride means always doing your best and carrying yourself with dignity.

  • Discipline helps you stay focused, work hard and never give up.

  • Tradition reminds you that we are part of something bigger, with a history you now help shape.

  • Christian Character calls us to treat others with love, respect, honesty and compassion.

  • Striving for Excellence encourage you to keep improving and never settle for less than your best.

By Gimmies glo ons aan betrokkenheid en lojaliteit. ’n Ouer en kind wat “betrokke” is by die skool, sal ook “lojaal” wees aan die skool en die personeel. Respect will be evident in our interaction with each other.

Prediker 4: “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets… ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.”

Thank you for your interest in our beautiful school.

C.J. van Dyk
Principal