Met knieë wat teen mekaar be-be-bewe, loop ń graad 8-leerder bang die “school yard” binne… ’n vreemde plek,  gevul met vreemde mense, niks lyk bekend met alles en almal wat intimiderend groot lyk.

 

Hoe wonderlik is dit nie om van een fase in ń mens se lewe na ń volgende te transisioneer nie of hoe dan nou? Vir die “groot vissies” van die laerskool mag die hoërskool HAAIE dikwels vreesaanjaend lyk of hoe?

 

Die KLEIN vissies het hierdie Vrydag vol angs en opgewondenheid opgedaag vir hulle ontmoeting en bekendstelling by Gimmies. Die Gimmieraad het probeer om hulle te lei van “emojis” na volwaardige Gimmies.

 

En toe….? Kom ons sê maar net dat die klein “emojis” maar baie emosioneel onstabiel was. Hulle het egter goed saamgewerk en die dag ten volle geniet. Welkom in Gimmieland!

 

Die vrae bly egter steeds staan en net tyd sal leer…

 

Gaan hulle volwaardige Gimmies word?

Of gaan hulle bly spartel soos KLEIN vissies in ń see van groot word 🐟🐟 ?

 

Tyd sal leer…

Welkom in GIMMIELAND!