GIMMIES LANDBOU

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Departement van Veeartseny Tegnologie het Gimmies besoek op uitnodiging van die Skool se Landbou-afdeling. Die leerders het die voorreg gehad om te sien hoe word bloedmonsters voorberei vir mikroskoop ondersoeke, hoe DNA onttrek en bepaal word, hoe mismonsters geflotteer word om die tipe inwendige parasiete te bepaal, asook hoe leeusperme lyk. Hulle kon ook sien hoe lyk verskillende soorte bosluise. Alhoewel die aktiwiteit bedoel was vir die landbouleerders, was, die belangstelling by die res van die skool groot en het hulle tougestaan om ”n beurt te kry en niks te mis nie.