PASPOORT TOT GIMMIES

Voornemende Gimmie:

Baie geluk met jou keuse om deel van Vereeniging Gimnasium te word.  Ons is baie opgewonde om jou hier te ontvang en jou te help vorm vir die volgende vyf jaar.

Ons moedig jou aan om elke geleentheid aan te gryp en om ‘n verskil te maak!  Ons waarborg jou dat ons ten alle tye ons heel beste sal gee om van jou ‘n volwaardige volwassene te maak, wat jouself in die toekoms met vertroue, dissipline en die regte beginsels sal kan handhaaf.

Ons gee graag aan jou die volgende praktiese reëlings deur om jouself voor te berei vir die wonderlike avontuur wat op jou wag.

Verder wens ons dat jy ‘n wonderlike tydjie oor het in die laerskool en ons sien met groot afwaging daarna uit om jou volgende jaar te verwelkom.

Gimmiegroete

 

 

SKOOLDRAG VIR DIE SOMER

Dogters Seuns
Wit Gimmie skoolhemp Wit Gimmie skoolhemp
Groen pinafore (rompie word uitgefasseer) Kort/lang grys broek
Navy skoolkouse  Navy skoolkouse
Groen spanbroek (skipant  Swart skoolskoene
Swart skoolskoene  Navy oortrektrui

 

Let asseblief op na die volgende (seuns & dogters):

  • Formele, navy baadjie word op Maandae gedra (A-drag) en vanaf April, elke dag.
  • Skooldas is verpligtend regdeur die jaar.
  • Vrydaghempie word benodig vir Vrydagdrag.
  • Netjiese donkerblou denim en tekkies word op Vrydae gedra word.
  • Alle klere is by Sedgars beskikbaar.
  • Sportklere word bepaal per sport.  Indien jy die span haal, kan alle klere by   Sedgars aangekoop word.
  • Onthou! Klere is duur, pas dit asb. mooi op.  Merk jou items duidelik met jou  naam en van.

 

SKOOLBENODIGDHEDE

Om die jaar seepglad te laat begin moet elke leerder die volgende skoolbenodigdhede aanskaf:

  • Afrikaans: 1 x 144 bl. hardeband, blou portefeuljelêer en ‘n riem papier
  • Engels: 1x 144 bl. hardeband, 1 x 72 bl. skrif, swart portefeulejêer, eksamenblok, ‘Oxford dictionary’
  • Wiskunde: 1 x 144 bl. hardeband, portefeuljelêer, Casio FX Sakrekenaar
  • Natuurwetenskap: 1 x 96 bl. hardeband, portefeuljelêer
  • Tegnologie: 1 x 72 bl. skrif, 2 oranje portefeuljelêers
  • Skeppende kuns: 1 x 72 bl. skrif, geel portefeuljelêer, halwe riem papier
  • Ekonomiese-en Bestuurswetenskappe: 2 x 96 bl. hardeband, ligblou portefeuljelêer
  • Sosiale Wetenskappe: 1 x 96 bl. hardeband, pers portefeuljelêer, gradeboog
  • Lewensoriëntering: 1 x 72 bl. skrif, pienk portefuljelêer

 

Onthou die volgende:

  • Blou- en kleurpenne
  • Gom, skêr en uitveër
  • Pennesakkie/blikkie
  • Huiswerkboek
  • Oortrekpapier en plastiek (hardebandboeke en skrifte kan met enige, netjiese boekoortreksels oorgetrek word)
  • Stewige tas

 

BETAALBARE GELDE

Skool- en koshuisgelde word elke jaar vasgestel en kan n.a.v die begrotingsvergadering in November verander.

Korting van 10% word gegee indien skoolfonds betaal word voor of op 28 Februarie.

Die aanvangsbedrag is verpligtend vir elke leerder, ongeag of u kind/ers ‘n beurs of subsidie het.  Hierdie bedrag is betaalbaar voor die einde Februarie.  Kom asb. u skoolgeld verpligtinge na om verdere stappe te vermy.

 

Bankbesonderhede:

Vir alle skoolgelde, toere, uitstappies, busgelde ens.

ABSA

Rekeningnommer: 407 990 3362

Takkode: 632 005

 

Koshuisrekening:

ABSA

Huis Bravade

Rekeningnommer: 480 290 054

Takkode: 632 005

 

Vir alle betalings moet u kind se naam en van as verwysing gebruik word asook waarvoor die geld aangewend moet word bv. Skoolfonds/kamp/busgeld ens.

 

WAT KAN JY VERWAG?

In die eerste vier weke by jou nuwe hoërskool kan jy verwag om deur ‘n warboel van emosies te gaan.  Die verandering is groot tussen die laerskool waar jy die senior was en die hoërskool wat jou as die groentjie behandel.

Ons advies:

  • Skakel van die begin af in by soveel as moontlik aktiwiteite. Hier leer jy ander maats ken in dieselfde omgewing.
  • Beoefen ‘n nuwe sport. Leer die kuns van diskus, spiesgooi, driesprong en lang hekkies.
  • Muurbal, debat, dogters krieket, gholf, binnemuurse hokkie, swem, sokker, bloktyd, ‘sevens’ rugby, tafeltennis, lenteloop, rekenaarvaardigheid gaan alles nuwe ervaringe vir jou word!
  • Neem met oorgawe aan die Groentjiekonsert deel!
  • Reik uit na leerders wat nie saam met jou in die laerskool was nie.
  • Sluit aan by die CSV.
  • Wees deel van die geesvanggroep tydens byeenkomste en wedstryde.
  • Wees ‘n ambassadeur van jou skool. Wees trots op jouself, jou werk en jou gedrag.
  • Maak die beste van jou hoërskoolloopbaan. Dit is hier waar jy vriendskapsbande smee met lewenslange vriende.

 

Oriëntering:

Die ontvangs-en bekendstellingsprogram is ingestel sodat alle graad agt leerlinge so vinnig as moontlik die skool, sisteme en seniors kan leer ken.  Hierdie twee dae program word leerders reeds in klasverband saamgevoeg en ‘n verskeidenheid aktiwiteite word aangebied.

Die ontvangs- en bekendstellingsprogram word streng gemonitor en is volgens departementele vereistes en word slegs deur die Gimmieraad toegepas.

‘n Verpligte kamp word gehou vanaf 14:00 die Maandag voor die skool vir die eerste kwartaal begin en eindig om 16:00 die Dinsdag daarna.

Woensdag, die eerste dag van skool kom alle graad agt’s met hul Gr. 8-hemp, ‘n donkerblou kort- of denimbroek en kaalvoet skool toe.  Soos die oriënteringsprogram vorder (tot en met die Groentjiekonsert) word skoolklere stelselmatig geïmplementeer.  Tussendeur is daar temadae waar alle graad agt’s volgens die tema moet aantrek.

 

Oriënteringskamp:

Meld aan by Huis Bravade om 14:00.

Bring die volgende saam:

  • Twee stelle gemaklike klere
  • Een stel ou klere
  • Warm klere soos ‘n sweetpak
  • Slaapklere, slaapsak en kussing
  • Swemklere en handdoek
  • Toiletware
  • Tekkies/spykerskoene vir atletiekuitdunne
  • Hoed, sonskerm, medikasie soos benodig
  • Snoepiegeld, ekstra versnaperinge ens.

 

Betaal asb. die kampgeld voor die skool sluit die vorige jaar.  Hierdie geld word aangewend om ‘n Gr. 8 hemp te koop, etes vir die twee dae en oriënteringsprodukte.

Bewys van betaling moet saamgebring word as die kinders aanmeld vir die kamp.

 

Kenmekaar braai:

U as ouers word saam met u kind hartlik uitgenooi na die kenmekaar braai.  Ons gaan lekker saamkuier en u het die geleentheid om u kind se voogonderwyser, die hoof en die Gimmieraad te ontmoet. Verder gaan u die geleentheid kry om saam met al die nuwe ouers te kuier en hul te leer ken.  Hierdie braai vind saam met Interhuis plaas.  Vure, pap en sous word voorsien, bring asb. u eie drinkgoed, vleis, eetgerei en stoele.

 

Ons sien uit na ‘n wonderlike nuwe fase in u kind se lewe.  Ons wens is dat ons saam aan ‘n nuwe toekoms kan bou vir elkeen van hierdie nuwe Gr. 8’s!

 

WELKOM GRAAD 8’S VAN 2018!!

Hier is meer detail oor jou groot jaar…

Eers meer die ernstige dinge:

  • Skoolfonds vir 2018 beloop R12 000 vir die jaar (R1 500 aanvangsbedrag en dan R1 050p.m vir die volgende 10 maande).
  • Oriënteringskamp @ R250.
  • Koshuisgelde is R4 500 kwartaalliks of R18 000 per jaar.
  • Busgelde: Sien aanhangsel.
  • Naskoolsentrum beloop R350 per maand, middagete ingesluit.
  • R50 vir huiswerkboek, betaalbaar voor einde Januarie 2018.

 

Groentjiekonsert:

Verpligte oefeninge

  • Dinsdag 16 Januarie tydens die kamp
  • Woensdag 17 Januarie gedurende skooltyd (res van die leerders het atletiek uitdunne)
  • Dinsdag (23/01) en Donderdag (24/01) vanaf 14:15-16:00
  • Dinsdag (30/01) vanaf 14:15-17:00 kleedrepetisie
  • Groentjiekonsert vind op Woensdag 31 Januarie 2018 om 18:00 plaas.

Kaartjies is teen R40p.p beskikbaar vanaf Maandag 22 Januarie 2018.

 

Oriënteringskamp:

Meld aan by Huis Bravade om 14:00 op Maandag, 15 Januarie 2018.  Bring al die benodighede saam soos in jou paspoort gemeld word.  Alle elektroniese ware word op eie risiko saamgebring en is alleenlik jou verantwoordelikheid.

 

Kenmekaar braai:

18:00 vir 18:30 op die A-veld op Vrydag 19 Januarie 2018.  Almal is welkom!  Onthou asb. alles soos genoem in die Gimmie paspoort,  die snoepie sal oop wees.

Kommunikasie

Vir opgedateerde inligting, “Like” die skool se Facebook blad of besoek ons webwerf by www.vgim.co.za

Pakette vir skryfbehoeftes kan by PostNet Bedworthpark of Drie Riviere vooraf bestel word.

 

Sien JOU volgende jaar by Vereeniging Gimnasium!!