Tekort aan tegniese opleiding en hoe
Gimmies strewe na die oplossing

TEGNIESE VAKKE AS OPLOSSING

 TEGNIESE VAKKE

Geen produk is ooit vervaardig wat nie ontwikkeling deur middel van ontwerp ondergaan het nie. Tegnologiese opleiding is die inleiding tot ‘n verskeidenheid van loopbane. Die land bevredig ingeligte verbruikers en vervaardigers met kennis.

‘n Sleutel element tot leer en ekonomiese groei, is die vermoë om te ontwerp, produktief te wees, om sodoende die ekonomie te stimuleer.

Ondanks die hoë werkloosheidskoors in Suid-Afrika, sukkel werkgewers om die regte kundiges op die regte tyd en op die regte plek te vind. Dit is veral ingenieurs, uitvoerende bestuurders en tegniese onderwysers waarna die vraag groot is.

 

TEKORT AAN TEGNIESE OPLEIDING

lnleiding:

Daar is ‘n wêreldwye tekort aan mense met geskikte vaardighede om die wêreld-ekonomie te dryf. Dieselfde geld in nog ‘n groter mate in Suid-Afrika. Die vaardigheidstekort word daagliks in die media gekommunikeer en oplossings word uit verskeie oorde bespiegel. Volgens ‘n studie wat Fufure World gedoen het, is die vaardigheidstekort een van die grootste bekommernisse wat top ekonomiese en bestuurslui saans wakker hou.

Suid-Afrika het tegnologie nodig om mense te bestuur en mense moet opgelei word om tegnologie te bestuur. Ons het menslike, maar nie vaardigheidskapitaal nie. As werksverskaffers het ons ons verantwoordelikheid ten opsigte van opleiding versuim.

 

Hoe groot is die vaardigheidstekort in Suid-Afrika?

Wêreldwyd het 39% van top bestuurslui, wat aan die peiling deelgeneem het, vaardigheidstekort as ‘n reuse probleem uitgewys. In Suid-Afrika staan hierdie syfer op 45%.

Volgens die Suid-Afrikaanse regering se “National Scare Skills List” benodig Suid-Afrika in die industriëe sektor (onder andere) die volgende:

  • 10 700 lngenieurs
  • 3 600 lngenieurs projekbestuurders
  • 8 800 Ander geskoolde tegnici en tekenaars
  • 45 000 Ambagslui
  • 27 000 Konstruksie- en mynwerkers

Die Raad vir Geesteswetenskaplike navorsing skat dat daar ‘n tekort aan 350 000 mense is om bestuurs- en tegniese poste te vul. Suid-Afrika het een ingenieur vir elke 3166 mense, terwyl Brasillië se verhouding 1:227 en lndië 1:157 is.

Die opgeleide persone word ook weggelok na lande soos Australië, VSA, China, ens. — lande wat ook ‘n tekort aan opgeleidetegnici het. Hierdie tekort kom egter nie van gister af nie. In 1997 het Leslie Boyd, adjunk Voorsitter van Anglo American Corporation en ere-president van die Suid-Afrikaanse lnstituut van Meganiese lngenieurs gesê dat die mate waarin Suid-Afrika ‘n nywerheidsgegronde ekonomiese groei kan voorsit, ward bedreig deur toenemende tekort aan tegniese vaardige mense. Boyd skryf die toestand van sake toe aan veral die klein persentasie skool-kandidate wat Wiskunde en Wetenskap neem asook die kandidate wat as gevolg van hierdie kennis nie vir tegnieseopleiding kwalifiseer nie.

 

Hoe gaan hierdie vaardigheidstekort in Suid—Afrika opelos word?

Opleiding is dus van kardinale belang in Suid-Afrika, veral in tegniese vaardighede en dit is reeds in verskeie studies uitgewys.

Suid-Afrika het ‘n omgekeerde opleidingspiramide, met baie meer universiteitsgraduandi as studente in tegniese rigtings. Daar bestaan dus ‘n grooi behoefte aan uitbreiding van instellings wat tegniese opleiding verskaf.

Daarby is daar ‘n noodsaaklikheid aan beroepsvoorligting by die skole en in die gemeenskap wat die geleenthede vir opleiding en beroepe in tegnologie en ingenieurswese aandui en promoveer.

Dit is deels die verantwoordelikheid van die sake gemeenskap om seker te maak dat uitgawes aan skaling en opleiding jou neerlê by die behoefies van die land en gemeenskap om hoë standaarde van tegniese vertoning te handhaaf. Dit sal vereis dat ingenieursfirmas en die korporotiewe gemeenskap beurse, tegniese opleidingskemas ondersteun en hierdeur seker sal maak dat daar aan die behoeftes van die ekonomie as geheel voldoen.

 

Watter bydrae kan die Departement van Onderwys lewer om hierdie tegniese tekort aan te spreek?

Meneer Johan Wagenaar, raadgewende kurrikulum-konsultant en lid van ‘n ministriële taakspan van die SAOD, het gesê: “Met die instel van uitkomsgerigte onderwys het die SAOP, ‘n fatale oordeelsfout begaan deur funksionele Wiskunde en Wetenskap uit die kurrikulum te laat”.

Dit het meegebring dat leerlinge gewone Wiskunde en/of Wiskunde Geletterdheid of gewone Wetenskap moet neem. Die Wiskunde en Fisiese Wetenskap wat deesdae aangebied word, is noodsaaklik vir leerlinge wat streng akademiese rigtings soos ingenieurswese wil volg.

‘Wiskundige Geletterdheid bied weer ‘n vals uitkoms aan leerling wat nié akademiese Wiskunde kan baasraak nie. Dis ‘n soort handelswiskunde met ‘n rekenkundige grondslog. Dit beteken min vir leerlinge wat tegnologiese vakke volg”.

”Daarom moet tegniese Wiskunde en tegniese Wetenskap teruggebring word om dié leemte te vul. Dis juis dié twee vakke wat sou kan help om die tekort aan tegniese vaardighede in Suid-Afrika te verbeter”.

Volgens Wagenaar onderhandel alle belange groepe al ‘n geruime tyd om juis hierdie oplossings in plek te sit. Regeringsamptenare op die hoogste vlak in die Departement van Basiese Onderwys het reeds ‘n plan in plek om hierdie uitdaging die hoof te bied.

 

HUIDIGE STAND VAN SAKE

Die Departement van Onderwys het na samesprekings, sekere skole in die land geïdentifiseer en ‘n oudit is deur KPMG gedoen om te bepaal waiter uitdagings daar is om tegniese opieiding in skole te verseker.

Skole wat aangewys is as “RECAP” skole het hulp vanaf die Departement van Onderwys hulp ontvang om infrastruktuur, toerusting en gereedskap op te gradeer.

Die TAP (Turn around plan) word ook deur die Departement van Onderwys gedryf waar nuwe vakke in 2016 geimplimenteer gaan word.

Tegniese Wiskunde en Wetenskap word reeds deur ons aangebied.

Vier pilare van die “TAP”:

  1. Om die bestuur en onderwys van tegniese opleiding te verbeter.
  2. Om die tegniese opleidings- fasiliteite asook hulpbronne op te knap en te verbeter.
  3. Om konstruktiewe ooreenkomste te besleg met die korporatiewe gemeenskap en dié industrie te betrek by die ondersteuning van opleiding van skole.
  4. Om ‘n breër opvoeding en beroepsmoontlikhede te skep ten opsigte van tegniese opleiding en die bewusmaking van tegniese onderwys om die tekorte in die wéreld aan te spreek.

Die doel van ”TAP”:

  • Om die persepsie rondom tegnies aan te spreek en klem te lê op die skaarsheid en beroepsmoontlikhede van tegniese onderwys.
  • Om die hoeveelheid en kwaliteit van tegniese opleiding te verhoog.
  • Om die gemeenskap en korporatiewe wêreld by opleiding te betrek, tot voordeel van die ekonomie op die lang termyn.

Bronne:

  • Beeld
  • Solidariteit
  • Noordwes—Universiteit
  • NUUS 24
  • “National Score Skills List”