Addisionele Geriewe

Addisionele Geriewe

Gimmies Teater

Die Gimmies teater is opgerig vir Vereeniging Gimnasium. In samewerking met PALI beoog ons om gehalte produksies op die planke te bring waarby ‘n bewuswording vir teater en die kuns van vertolking onder studente gekweek kan word.

Deep Blue Swim Centre

Dié instansie werk die afgelope twee jaar saam met Gimmies om swem in ons omgewing te bevorder. Ons het oor die 200 swemmers wat op verskillende stadiums is van hulle swemloopbaan. Deep Blue se fokus is om swemvaardighede en swemtegnieke aan swemmers te leer.

As kinders by ons aansluit, het hulle verskillende opsies: Gimmies het sportperiodes waar swemmers kan deelneem aan ons swemprogram. Sedibeng Aquatics bied deurlopend “Level 0” galas aan waar swemmers blootstelling aan kompeterende swem kan kry. As swem jou passie is, kan jy by ons klub aansluit en deelneem aan kompetisies waar jy jou tye kan verbeter en geleenthede kry om tot op nasionale vlak te kompeteer.

As jy egter net wil swem omdat dit vir jou goed en lekker is, het ons ‘n plek vir jou ook.

Ons kontaknommer is 016 421 1044 en ons epos is deepblue@telkomsa.net.

Kom swem saam!