Xanthe Le Roux graad 9B het tydens die skoolvakansie aan die Africa Nationals deelgeneem.

Sy het deelgeneem aan drama, eisteddfod en model.

Sy verower 9 goue medaljes en 4 silwer.

Sy is ook opgeneem in die SA-span om Suid Afrika te gaan verteenwoordig by talent America in New York tydens die Junie-vakansie.